|
Welkom by Simond Privaatskool |
|
Simond Privaatskool het 'n trotse tradisie wat dateer vanuit die jaar 1852 toe 'n trust, Het Sticht, gestig is om die opvoedingsbehoefte van die Groot Drakensteingebied aan te spreek. 'n Privaatskool is gestig en in die huidige hoofgebou gehuisves. Die skool het in die vroeë twintigste eeu 'n staatskool geword, maar in 1997 is die skool weer as 'n privaatskool geregistreer. Simond doen dus nog net dit waarvoor dit in 1952 in die lewe geroep is: om te voorsien in die opvoedkundige, akademiese, geestelike en liggaamlike behoeftes van jong Suid-Afrikaners!
Kom besoek gerus ons rustige, ontspanne en suksesvolle skool onder die eike. |
|